129.232.161.250
Marcilia Gericke Gave The Following Feedback: | Referrals | Olympic Academy Of Driving | Pierre Van Ryneveld, Centurion


Goeie more Reinhard,
 
Ons dogter Catherine Gericke het gister haar lisensie gekry.
 
Ek wil jou net bedank vir jou professionalisme.  Ek het lanklaas met iemand gedeel wat so professioneel is.  Dit was nooit nodig dat ons ons oor iets bekommer het nie, jou eposse en sms's was altyd betyds en vroegtydig gestuur sodat die nodige reelings getref kon word.
 
Jy het enige navrae van my kant af altyd dadelik hanteer, en jy was altyd so vriendelik en hulpvaardig.
 
Dan wil ek nie eers praat van Adele nie, sy en Catherine "really hit it off". Sy was altyd betyds, inteendeel meeste van die tyd vroeg vir elke afspraak, Catherine het absolute vertroue in Adele gehad, en Adele het haar die nodige selfvertroue gegee.  Sy was werklik waar amazing met ons dogter. 
 
Nogmals baie dankie vir alles wat julle gedoen het om hierdie belangrike stap in ons dogter se lewe 'n waarheid te maak.
 
Groete,
 
Marcilia Gericke