Hi Reinhard.

Ek wil net vir jou terugvoer gee.

Mienx is ‘n baie oulike instruktrise.  Sy is ‘n aangename persoon en my seun het dadelik gemaklik gevoel in haar teenwoordigheid.

Sy was streng waar nodig, maar ook ‘n baie vriendelike persoon en is altyd dieselfde.  Geen buie, geirriteerd, ensovoorts nie.  Sy het hom ook aangemoedig, ondersteun en selfvertroue in sy bestuursvernuf gegee.  Hy het baie by haar geleer en my gereeld daarvan vertel.

Jy kan baie gelukkig en trots wees om haar in jou span te hê.

Groete,

Diana van Wyk